Nuwe kunstenaar in Potch bied kunsklasse aan

Jonel Scholtz is is ‘n nuwe kunstenaar in Potchefstroom en begin eersdaags om teken- en skilderklasse by haar huis (Beyers Naudélaan 169) aan te bied. Sy het ‘n ou stoor in ‘n studio omskep en leer haar studente om in olieverf te werk wat ook tekenwerk insluit.

Dit is altyd opwindend om nuwe kunstenaars in jou midde te verwelkom want in die kunswêreld is nuwe blootstelling aan nuwe idees baie belangrik.

Jonel Scholtz is is ‘n nuwe kunstenaar in Potchefstroom en begin eersdaags om teken- en skilderklasse by haar huis (Beyers Naudélaan 169) aan te bied.  Sy het ‘n ou stoor in ‘n studio omskep en leer haar studente om in olieverf te werk wat ook tekenwerk insluit. Jonel se drie uur lange klasse word van 10:00 – 13:00 in die oggende of 14:00-17:00 in die middae aangebied. Teen R180 per les kan studente self besluit hoeveel keer per week hulle klas wil hê.

Jonel se lewe het lang draaie geneem voor sy hier geeindig het. Hoewel sy in Johannesburg gebore en grootgeword het, het sy van 1996 haar stadskoene vir plaasstewels verruil toe hulle gesin op ‘n plaas in Lichtenburg gewoon en gewerk het. Sy het onlangs eers na Potchefstroom verhuis.

Noem haar ‘n vrou van vele talente want hoewel sy aanvanklik ‘n graad in BSc voltooi en vir jare as chemikus gewerk het, was dit die kunste wat haar uiteindelik oorrompel het.  Sy skilder al van 1988 toe sy kunsklasse by ‘n Amerikaans gebore kunstenaar, Louise Goudemond, begin neem het. By Louise het sy haar liefde vir teken en verf ontdek en die grondslag in figuratiewe tekenkuns en portretstudies geleer.

Related Articles

Back to top button