LifestyleReligion

Kerskruis val na 22 jaar

Elmé Dreyer van Ottostraat 21 skryf: Vir 22 jaar van die 51 jaar wat ek in die huis bly, het ek in die huis met die kruis gebly… tot verlede Vrydag. Terwyl Brian Jacobs, wat nog elke jaar vir die elektrisiteitstoevoer van die kruis, die Bethlehem Ster op die dak en die engel sorg hier …

Elmé Dreyer van Ottostraat 21 skryf:

Vir 22 jaar van die 51 jaar wat ek in die huis bly, het ek in die huis met die kruis gebly… tot verlede Vrydag.
Terwyl Brian Jacobs, wat nog elke jaar vir die elektrisiteitstoevoer van die kruis, die Bethlehem Ster op die dak en die engel sorg hier gewerk het, het die kruis na 22 jaar geval.

’n Era van vreugde het ’n mooi (seer) herinnering geword. Dankie aan almal wat deel was van die kruis: Vescotec wat al die jare die liggies geborg het en Brian wat ook die engel se bedrading gedoen het. Die engel se bedrading is ook verlede Sondagmiddag in ’n kort donderstorm deur die weerlig vernietig.

Die elektrisiteitshouer aan die engel se voete is deur weerlig getref, en nie die trompet nie, die trompet sal hy bedags aanhou blaas.

Die kruis in al sy glorie.
Die kruis in al sy glorie.

Ek was langs die 15 meter hoë engel besig om die doringkroon te herstel toe die weerlig dit tref.
Maandag het ek, my tuinman David en my kleinseun Wouter die doringkroon en ’n klomp slingerplant ranke gebruik om teen die klipmuur ’n natuurskets van die kruis op Golgota te maak.

Toe ek gisteraand self in die donker stil voor die Kerskruis gaan staan, het ek geweet: ek is slegs ’n instrument in God se hand om Sy boodskap aan alle klein mensies te bring, naamlik: Jesus wat gebore is onder die ster in Bethlehem is ook Redder aan die kruis wat leef vir ewig in my hart en in my lewe.

Geskiedenis van die kruis:

In 1995 het ek by ’n vrouekamp ’n visioen van die kruis gesien.

Dieselfde jaar het ek die kruis presies soos in my visioen gemaak uit ’n bloekomboom wat jare tevore deur weerlig doodgeslaan is, en dus lig was. In 2017 het Anton Nebe vir my ’n vrag dorings gebring vir die kroon. Dit is lang, groen dorings wat ek wit geverf het.

Verlede Vrydag het die kruis geval en op Sondag is die engel deur weerlig getref.

Related Articles

Back to top button