Hartbees-tak en Hinterland hou gelukkige trekking

Die Hartbees-tak het onlangs in samewerking met Hinterland, ’n gelukstrekking gehou ter insameling vir fondse vir toerusting wat noodsaaklik is om hulle pas opgegradeerde baan in stand te hou. Hinterland (ou Senwes), het pryse aan die Hartbees-tak voorsien vir kaartjies wat uitgeloot is. Pryse wat gewen kon word was onder meer ’n Howa geweer in …

Die Hartbees-tak het onlangs in samewerking met Hinterland, ’n gelukstrekking gehou ter insameling vir fondse vir toerusting wat noodsaaklik is om hulle pas opgegradeerde baan in stand te hou.
Hinterland (ou Senwes), het pryse aan die Hartbees-tak voorsien vir kaartjies wat uitgeloot is. Pryse wat gewen kon word was onder meer ’n Howa geweer in een van vier kalibers as 1ste prys, Nikon teleskoop as 2de prys, naglig as 3de prys en twee geweersakke as 4de en 5de pryse.

Van links: Ibert Joubert (takvoorsitter) oorhandig die pryse aan Hannes de Kock 2de prys wenner en Johan Visser, 4de prys wenner met Ruan van der Merwe (Hinterland) wat hul ook ‘n handdruk gee.

Daar was ook addisionele pryse wat die aand van die trekking onder kaartjiekopers getrek is. Die wenner van die eerste prys, die geweer, was Herman Fourie (Wit Renoster-tak), die tweede prys het gegaan aan Hannes de Kock (Hartbees), derde prys aan Zubair Gabru (Hartbees) 4de prys aan Johan Visser (Hartbees) en 5de prys aan Neil Symmington.
“Dankie aan ons ondersteuners en in besonder Hinterland vir die beskikbaarstelling van die pryse. Vir enige inligting oor ons nuwe baan, besoek ons webblad, www.hartbees.co.za en kyk na die foto’s, of kontak Johan van der Walt (082 571 6414) of Stefan Conradie (083 609 7426).
“Enigeen wat van ons opleidingskursusse oor wapenlisensies, bevoegdheid, bekwame en toegewyde jagters, asook ‘n sportskut of ‘n baanoffisierskursus wil doen, kan Johan Oelofse by 074 791 0668 kontak,” sê die organiseerders..

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version