Opgradering van riool noodsaaklik

Die stadsraad se goedkeuring van meer as R7 miljoen vir die opgradering van een van die hoofrioollyne op die Bult is dringend noodsaaklik.

Die stadsraad se goedkeuring van meer as R7 miljoen vir die opgradering van een van die hoofrioollyne op die Bult is dringend noodsaaklik.
Die ondersoek na die vermoë van die rioolstelsel, spesifiek op die Bult, het groot leemtes uitgewys en van die leemtes bestaan reeds nog van voor die jongste ontwikkeling daar toe nog woonstelblokke soos paddastoele verrys het.
’n Mens sou dit seker voorspoedprobleme kan noem. Niemand kla oor die ontwikkeling nie, want dit alles dra tog by tot ’n groter ekonomie in die stad. Saam met dit kom egter die tipiese probleme van ’n ou stad soos Potchefstroom, waar die infrastruktuur oud is en dus ook nie bygehou het met die vinnige pas waarteen die ontwikkeling die afgelope klompie jare plaasgevind het nie.
Daar was al ’n tyd gelede tekens dat die vermoë van die stelsel op sekere plekke op die Bult nie die verhoogde volumes van riool kan hanteer nie, toe riool op plekke by mangate uitgeborrel het.
Hoewel die stadsraad al baie gesê het dat verstoppings weens vreemde items wat in die riool gegooi word (soos byvoorbeeld babadoeke) pleks van verhoogde volume normale riool, die groot sondebok is, gaan dit nie heeltemal so goed af nie.
Mense het nog altyd vreemde voorwerpe in die riool gestort, maar met die laer volumes riool in die verlede het dit nie so gereeld veroorsaak dat riool by mangate uitborrel nie. Die ondersoek toon dat sommige stelsels meer as 200 persent bokant hul vermoë is. Die opgradering moet gebeur. Die hoe daarvan is egter ’n vraag waaroor baie wonder. Alles oopgrou?

Exit mobile version