Stimuleer die plaaslike ekonomie

Een van die gesprekke om rommelstatus vry te spring is dat plaaslike ekonomieë, dus op dorp- en in stadsvlak, ook gestimuleer moet word.

Een van die gesprekke om rommelstatus vry te spring is dat plaaslike ekonomieë, dus op dorp- en in stadsvlak, ook gestimuleer moet word.
Dit is waar die “tekkie die teer slaan”.
Die vraag is dus wat gedoen kan word om die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee, sodat meer geld in omloop kom wat ontwikkeling lok en uiteindelik meer werk skep.
’n Voorvereiste is dat ’n stad soos Potchefstroom behoorlik bestuur word sodat beleggers die vertroue het om hier te kom besigheid doen.
Dis een van die dae verkiesing en Potchefstromers moet met hulle stemme besluit of die stad goed genoeg bestuur word.
Een van die aspekte wat die aandag van die stadsraad behoort te kry, is wat hulle doen om ontwikkeling te lok.
Hetsy dit in die vorm van gewone sakeondernemings of nywerhede is.
Is daar aanloklike pryse vir grond wat aan die stadsraad behoort? Is daar eiendomsbelasting-vakansie vir sakelui wat hier wil kom vestig en sake doen?
Saam met die georganiseerde handel soos die Potch-Tlokwe Sakekamer moet planne bedink word hoe om ontwikkeling te stimuleer.
Om die rand in Potchefstroom te hou kan met groter instansies en besighede vergader word om vas te stel hoeveel van hul leweransiers of diensverskaffers van buite die stad is en of plaaslike leweransiers nie eerder gebruik kan word nie.
Dit sal uitwys waaraan daar ‘n behoefte is en wat dus nie plaaslik te kry is nie. Dit is geleenthede vir entrepreneurs.
Dit gaan tot almal se voordeel wees as soveel geld moontlik in die stad bly sirkuleer en dit gaan nuwe beleggers lok.

Exit mobile version