Editor's note

Laat jou stem vir Potchefstroom tel

Potchefstromers kon vanaf Woensdagaand begin stem om Potchefstroom as Kwêla se Dorp van die Jaar te laat wen! Potchefstromers se stemme gaan die deurslaggewende faktor wees en as almal entoesiasties hieraan deelneem, kan ons dié titel voor die ander dorpe soos Ballito, Hoedspruit, Paul Roux en Dullstroom wegraap.

Potchefstromers kon vanaf Woensdagaand begin stem om Potchefstroom as Kwêla se Dorp van die Jaar te laat wen!
Potchefstromers se stemme gaan die deurslaggewende faktor wees en as almal entoesiasties hieraan deelneem, kan ons dié titel voor die ander dorpe soos Ballito, Hoedspruit, Paul Roux en Dullstroom wegraap.
Ons kan tog nie dat dié dorpe ons uitstof nie! Dit gaan nie oor die mooiste dorp, die mooiste omgewing of skoonste dorp alleen nie, maar ’n lekker plek om in te woon met sy foute en al.
En laat ons nou maar eerlik wees, ten spyte van alles wat nie reg is in Potchefstroom nie, sal duisende mense in Suid-Afrika wat wou gee om in ’n plek soos Potchefstroom te woon.
Dit is ‘n dorp met die geriewe van ’n stad. Hier is baie goeie skole, hier is ’n baie goeie universiteit en ander opleidingsinstansies. Dit is ’n sportmekka, nie net in die provinsie nie, maar in die land.
In vergelyking met talle ander dorpe en stede word munisipale dienste gelewer wat van baie hoër standaard is as talle ander plekke.
Ons kan verkies om net die foute raak te sien of ons kan kies om ook na al die goeie punte te kyk. Die Potch-Tlokwe Sakekamer het gekies om iets aan een van die probleme te doen, naamlik om te gaan skoonmaak waar dit baie nodig was.
Dié wat negatief is oor die vuil dorp moet dit oorweeg om ook te help skoonmaak.
Die wen gaan egter oor veel meer.
Die goeie publisiteit wat die dorp hieruit kan kry, gaan op die langtermyn tot almal se voordeel wees en druk op die stadsraad plaas om die dorp daarna in ‘n toestand te hou wat pas by ’n Dorp van die Jaar!

Related Articles

Back to top button