Volkies as Provinsiale Fast Five wenners gekroon

Volkies het hul beste gegee.

Hoër Volkskool se o/15 dogters het die naweek in Rustenburg by die Provinsiale Fast Five Netbal kampioenskappe deelgeneem en weggestap met die titel van wenners

Hulle het uitstekend gevaar en die finaal teen Gimmies met 37 – 35 gewen. Hulle is as Provinsiale Fast Five wenners gekroon.

Hulle kwalifiseer ook om aan die Nasionale Kampioenskappe later die maand deel te neem.

“Baie geluk met hierdie mooi prestasie en baie sterkte met die voorbereiding vir SA’s,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

Exit mobile version