Sport

NWU se Jong kanonne weer kampioene

Hannes Esterhuizen se troepe het dit tot die laaste oomblikke van die wedstryd, teen Shimlas gelos om die wen drie te druk.

Die NWU se jong Arende is gister, 22 April, vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar as die Young Guns Varsitybeker kampioene gekroon.

Hannes Esterhuizen se troepe het dit tot die laaste oomblikke van die wedstryd, teen Shimlas gelos om die wen drie te druk. Hulle het die wedstryd 39 – 36 gewen.

Die Potchefstromers se vuurvreter haker, Hanro Venter, het na die sirene afgegaan het oorgebars vir sy vierde en belangrikste drie van die aand. Die Jong Arende se rolmaal beweging het die Bloemfonteiners vernietig.

Goeie individuele spel deur Shimlas het hulle in diewedstryd gehou, maar die spanwerk van die NWU was op die ou einde die deurslaggewend.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button