Luiperds sukkel steeds in SA beker

Die Griffons se spoedvrate het op tuisbodem kort-kort op die punte verby die Luiperds gekom.

Die Luiperds het Sondag, 7 April,  ‘n klein verbetering teen die Griffons in Welkom gewys. Die Noordwesters het die ‘Pers mensvreters’ tot 42 punte beperk. Die Griffons het die wedstryd 42 -10 gewen.

Meeste ondersteuners sou ‘n wen teen die Griffons wou sien. Behalwe vir die aanvanklike gebrekkige verdediging het die Luiperds beter teen die Griffons as teen die Griekwas en die Cheetahs gevaar.

Dit het eers gelyk of die Griffons, soos die Luiperds se vorige twee opponente, ook 60 plus punte teen die Noordwesters sou aanteken. Veral die Luiperds se verdediging in die eerste helfte het Matt Proudfoot se troepe gekelder.

Die Griffons se spoedvrate het op tuisbodem kort-kort op die punte verby die Luiperds gekom. Teen halftyd was die telling 28 -3 in die Griffons se guns.  Die Luiperds se loskopstut, Ruben du Plessis het die Luiperds se enigste drie gedruk.

Die Luiperds se volgende wedstryd is komende Saterdag, 13 April, in ‘n tuiswedstryd teen die Grens.

Exit mobile version