Dit gaan oor bestendige vordering vir ons span

Proudfoot se troepe gaan Saterdag, 30 Maart,  dinge teen die Cheetahs probeer omswaai wanneer hulle mekaar op Olënpark aanvat. 

Bestendige vordering, is wat die Luiperds se hoofafrigter, Matt Proudfoot, by sy troepe wil sien.

Die Luiperds is ‘n groot slag in hulle eerste SA Cup wedstryd gedien toe hulle 88-0 teen die Griekwas les opgesê het. Proudfoot se troepe gaan Saterdag, 30 Maart,  dinge teen die Cheetahs probeer omswaai wanneer hulle mekaar op Olënpark aanvat.

“Ons weet ons is op die agtervoet teen spanne wat voltyds professioneel is. Ons werk na ‘n plan toe, ek was gelukkig met die span se poging maar teleurgesteld in ons aanvallende spel,” het Proudfoot gesê.

Die wedstryd tussen die Luiperds en die Cheetahs skop om 15:00 Saterdag, 30 Maart op Olënpark af. Toegang vir dié wedstryd is gratis.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version