Sport

NWU troef Maties met ‘Blitzkrieg’

Die NWU het Maties in Stellenbosch in hulle eerste Varsitybeker ontmoeting met 23 - 12 geklop.

Die NWU het gisteraand, 19 Februarie, hulle Varsitybekertitel verdediging op ‘n hoë noot afgeskop.

Dit nadat hulle die Maties in Stellenbosch, 23 – 12 geklop het. Die eindtelling vlei eintlik die Kapenaars, wat met speeltyd verstreke ‘n troosdrie gaan druk het.  Die Potchefstromers was nie bang om van enige plek van die veld met durf aan te val nie. Die verdediging van die Arende was ook van top gehalte gewees.

Die NWU het ‘n ‘Blitzkrieg’ op Maties los gelaat.

Die generaal van dié veldslag, Zinedine Robinson, het ‘n goeie binne aangee, vir Naiden Jaarts gegee wat met sy spoed die NWU se eerste drie afgerond het. Die Arende se aanslag het net aangehou van daar af: In die 31ste minuut het die Noordwesters se enjinkamer, die Maties se skrum oorrompel. Aphelele Madaka het sy kans gesien toe die Maties se skrum in trurat gesit is. Hy het op ‘n fout van Ezekiel Ngobeni reageer om die NWU se tweede drie te druk.

Die vuur onder Maties was aangesteek en drie minute later het hulle na ‘n paar goeie fases se druk uiteindelik oor die witlyn geboender. Die NWU se verdediging het tot in die doodsnikke gehou, waarna Maties ‘n dryfmaaldrie gaan druk het.

Burger van der Westhuizen, NWU hoofafrigter,  kon amper nie vir ‘n beter begin gevra het nie. Die NWU se volgende uitdaging sal op tuisbodem teen die Universiteit van Wes-Kaapland wees. Die wedstryd skop Maandag, 26 Februarie om 19:00, op die Fanie du Toit Sportgronde af. Kaartjies is vandag (Dinsdag, 20 Februarie) vanaf 13:00 aanlyn beskikbaar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button