Local newsSportSport

Potchefstroom Buiteklub-Tenniskampioenskappe vir 2024 voltooi

Buiteklub Tennis het onlangs hulle bane oorgedoen.

Die afgelope twee maande is daar talle rondomtalie en uitspeelwedstryde gespeel by Buiteklub Tennis se nuut oorgedoende tennisbane, sodat die klubkampioene gekroon kon word as deel van die klub se jaarlikse instelling. Die mans enkel-en dubbels-finale is middel September afgehandel, terwyl ander kategoriewenners soos die dames-en gemengde-dubbelspel reeds vroeёr bepaal is.

Die klubkampioenskappe by Buiteklub gee die geleentheid aan lede om kragte te meet, ten einde om gesonde kompetisie te bevorder binne ‘n veilige sosiale omgewing,  asook ‘n goeie tennis-standaard daar te stel en te handhaaf binne die klubstruktuur. Twee van die gewildste items waarvoor ingeskryf is, was die mans-dubbelspel en gemengde-dubbelspel waaraan 6 en 7 spanne onderskeidelik deelgeneem het.

Tydens ‘n kort prysuitdelingseremonie, het die onderskeie wenners en naaswenners van al die katergorieё hul pryse ontvang, met die wenners gelukkig genoeg om elkeen met ‘n medalje, trofee en geskenkbewys van een van ‘n paar borge weg te stap.  In die verband bedank Buiteklub Tennis vir Broken Pot, Homestead en Bult Superspar.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button