Luiperds platteland jaag onoorwonne seisoen

Die Luiperds se plattelandspan is sover onoorwonne die seisoen.

Die Luiperds se plattelandspan gaan komende naweek hulle onoorwonne status dié seisoen wil behou.

Hulle gaan in Leeudoringstad teen die Griffons se plattelandspan kragte meet. Die Luiperds, wat spelers van Potch Dorp insluit, is tot dusver onoorwonne. Hulle eerste wedstryd het hulle teen die Bulle se plattelandspan uitgedraf waar hulle 41- 11 konings gekraai het. Daarna het hulle 35 -14 teen Limpopo Noord en 22- 13 teen Limpopo suid gewen. Die Griffons se platteland span sal vir hulle moeilike toets wees, maar dié span sal met baie selfvertroue in die wedstryd ingaan. Die wedtryd skop om 15:30 op Leeudoringstad rugbyklub se velde af.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version