Gimmies klop Gimmie ‘neefs’ in styl

Gimmies klop Paarl Gim met spanningsvolle oorwinning by Izintaba Krieketfees.

Gimmies het gister, 26 September,  ‘n groot oorwinning tydens die Izintaba-krieketfees behaal.

In ‘n derby wedstryd teen paarl Gimnasium het die Potchefstromers naelskraap met een paaltjie gewen. Paarl Gim het eerste gekolf en ‘n bestendige 207/10 gemaak. Die Potchefstromers moes hard veg om hulle Gimmies neefs te klop, maar kon daarin slaag om die teiken verby te steek. Potchefstroom Gim maak 208/9.

Henré Cronje teken 39 aan, Tommie Botha 54 en Benjamin van Wyk 31. Bennet Keet laat 3 paaltjies kantel terwyl, Henré Cronje 4 vat en Tommie Botha 2 paaltjies neem.

“Wat ‘n voorreg dat dié twee Gimnasium-skole teen mekaar kon speel!” het die skool in ‘n verklaring gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version