KidsLocal newsPrimary SchoolSportSportSport

Tokkies wys wie is baas by Super 12 Dogterskrieket

Die meeste lopies wat in die Super 12 dogterskrieket kompetisie aangeteken is, is 90 lopies.

Laerskool Mooirivier het Saterdag deelgeneem aan die Laerskole Super 12 Dogterskrieket.

Tokkies het hulle tweede wedskryd teen Laerskool Kenmare se tweede span gespeel en met 10 paaltjies gewen.

Tokkies het daarna in die finaal teen Laerskool Kenmare se eerstespan gespeel en met 41 lopies verloor.

Laerskool Moorivier se eerste dogterskrieketspan eindig dus 2de in die Super 12 Laerskole kompetisie.

“Tokkies is baie trots op hierdie puik prestasie,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

‘n Paar hoogtepunte van die naweek:

  • Emilie Burger teken 90 lopies aan, die meeste in die toernooi.
  • Sanmari de Jager is kort agter haar met 77 lopies.
  • Abigail Fourie vat 6 paaltjies, sy het die tweede meeste paaltjies in die toernooi gevat.
  • Elnette Burgers het 3 vangskote gehad, ook die meeste in die toernooi.
  • Sanmarie de Jager is aangewys as die tweede beste paaltjiewagter.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button