Volkies onder top 8 in Noordvaal sewes kompetisie

Volgens Mighael de Beer, afrigter van Volkies se o.17s, was dit 'n lekker toernooi waar die seuns goeie blootstelling gekry het. 

Volkies het die afgelope naweek aan die Noordvaal sewes-toernooi deelgeneem.

Die toernooi bring die beste sewes spanne van binne die Noordvaal vir ‘n naweek van opwindende sewes toernooi bymekaar. Die Luiperds het vanjaar die toernooi aangebied, die o.17 spanne het op Volkies se velde gespeel en die o.15 spanne het almal op Gimmies se velde gespeel.

Beide Volkies se o.17 en o.15 spanne het aan die toernooi deelgeneem. Volkies se o.17 span het hulle poel wat Zwartkop, Dinamika en Pietersburg ingesluit het gewen om in die beker kwarteind rondte te speel.

Volkies het die kwarteindrondte teen Noordheuwel verloor waarna hulle na die plaat halfeindrondte gegaan het. Hulle het ongelukkig teen Klerksdorp (KHS) vasgeval.

Volgens Mighael de Beer, afrigter van Volkies se o.17s, was dit ‘n lekker toernooi waar die seuns goeie blootstelling gekry het.

 

Exit mobile version