Volkies krieket brul met goeie oorwinnings

Volkies se eerste krieketspan het die afgelope week uitstekende oorwinnings behaal

Volkies se eerste krieketspan het die afgelope week, vir Klerksdorp (KHS) en Matlosana hub gewen.

Teen Klerksdorp het hulle met 8 lopies geseevier terwyl hulle Matlosana Hub met 200 lopies geklop het. Attie Liebenberg en Louis van Wyk het veral teen KHS met die kolf uitgestaan. Liebenberg het 77*(50) terwyl Van Wyk 66*(103) gemaak het.

KHS het eerste gekolf waarna hulle 205 in hulle 50 beurte gemaak het. Volkies het die totaal binne 34 beurte verbygesteek. Volkies wen met 8 lopies.

Teen Matlosana Hub, het Volkies eerste gekolf en sit ‘n stewige telling van 308 op. Matlosana word almal uitgehaal vir 108 lopies. Volkies wen die wedstryd met 200 lopies.

Attie Liebenberg het 77*(50) teen KHS gemoker Foto: Estee van Wyk

 

Exit mobile version