Volkies se eerste krieketspan het die afgelope week, vir Klerksdorp (KHS) en Matlosana hub gewen.
Teen Klerksdorp het hulle met 8 lopies geseevier terwyl hulle Matlosana Hub met 200 lopies geklop het. Attie Liebenberg en Louis van Wyk het veral teen KHS met die kolf uitgestaan. Liebenberg het 77*(50) terwyl Van Wyk 66*(103) gemaak het.
KHS het eerste gekolf waarna hulle 205 in hulle 50 beurte gemaak het. Volkies het die totaal binne 34 beurte verbygesteek. Volkies wen met 8 lopies.
Teen Matlosana Hub, het Volkies eerste gekolf en sit ‘n stewige telling van 308 op. Matlosana word almal uitgehaal vir 108 lopies. Volkies wen die wedstryd met 200 lopies.