SportSport

Volkies is Noordwes sewes wenners

Volkies het verskeie groot spanne geklop om deur te dring na die beker eindstryd.

Volkies is vanjaar se Noordwes sewes kampioenne, dit nadat hulle vir Klerksdorp hoërskool in Lichtenburg met 14- 10 in die beker-eindstryd geklop het.

Met dié oorwinning kwalifiseer hulle ook vir die die Noordvaal sewes-toernooi waar die bestes in elk van die Noordvaal unies teen mekaar gaan kompeteer.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was dit ‘n puik wedstryd gewees.

“Ons het baie mooi by ons plan gehou. Ons hetgeweet KHS gaan baie fisies wees, ons moes kontak vermy en bal in hand hou. Dit het gewerk en ons het hom deur getrek,” het de Beer gesê.

Volkies het verskeie groot spanne geklop om deur te dring na die beker eindstryd.

Volkies se o.15 span het ook in die eindstryd ook teen KHS gespeel. Hulle moes ongelukkig die knieg teen die Klerksdorpers buig.

Die drie skole van Noordwes wat aan die Noordvaal kompetisie gaan deelneem is Volkies, Klerksdorp Hoërskool en Wesvalia.

 

 

Related Articles

Back to top button