SportSport

Gimmies is konings van Bowl afdeling

Dit was 'n droom seisoen vir Gimmies se 1ste XV.

Gimmies se 1ste XV het Saterdag die Noordvaal bow afdeling in styl gewen.

Die Potchefstromers het met ‘n enkele punt teen Eldoraigne met 18 – 17 op tuisbodem koning gekraai.

“Ons het in die eerstes helfte saam met die wind gespeel en die voorsprong gekry wat ons wou hê nie, Eldoraigne het regtig goed verdedig. Ons het vroeg kanse gehad wat ons nie benut het nie, maar ons kon hom deurtrek. Dit was ‘n aboslute sprokie vir ons gewees. Ek voel jammer vir Eldoraigne, dit is nooit lekker om so te verloor nie, maar natuurlik is dit wonderlik om so te wen,” het Jacques Botes, hoofafrigter van Gimmies gesê.

Al die Bowl-afdeling se eindstryde is op Gimmies se velde gespeel.

“Ek dink regtig dit was ‘n goeie dag gewees, al die wedstryde was kompeterend. Dit was lekker eindstryde om te kyk, die dissipline was ook baie goed gewees,” het Botes verduidelik.

Dit was ‘n droom seisoen vir Gimmies se 1ste XV, en die afrigtingspan sal klaar besig wees met beplanning vir volgende jaar se seisoen.

Related Articles

Back to top button