High SchoolKidsLocal newsSchoolSchoolsSportSportSport

Gimmies is kampioene van die baan

Gimmie seun is die kampioene van die toernooi.

Tennisspelers van Potchefstroom Gimnasium het ‘n opwindende naweek gehad en het puik by die Absolut Menlo-tennistoernooi gevaar.

Die seunspan is algehele wenners van die Absolut Menlo-tennistoernooi en die dogters het algeheel negende geëindig.

Twaalf van die beste seuns- en dogterstennisskole het aan die toernooi deelgeneem.

“Ons is trots op ons spelers se dissipline, ondersteuning aan mekaar en deursettingsvermoë,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

Die seuns het teen Duineveld, Noordheuwel, Boland Landbou, Waterkloof, Affies Seuns en Menlopark gespeel. Na ’n paar dae se strawwe kompetisie het Gimmies as kampioene van die baan gestap.

Die dogters het teen Affies Meisies, Hoër Meisieskool Bloemhof in die Paarl, Paarl Girls High, Menlopark en Duineveld gespeel.

Ruan Delport, Righard Raath, Lukas Kotze, Daniël van Romburgh en Reinard Stafford.
Angelique van die Walt, Caelen Bredenkamp, Kaylin Kroon, Marissa de Wet en Chanel Duarté.

Related Articles

Back to top button