Potchefstroom-meisies mag maar krieket speel!

Die meisies het hulle bes gegee.

Potchefstroom-dogters in die laerskool en hoërskool is nie bang om hulle talente wanneer dit by krieket kom, te wys nie.

Potchefstroom Gimnasium se dogterskrieketspan spog met ’n puik oorwinning teen Lichtenburg. Gimmies wen met 100 lopies nadat hulle 158/10 aangeteken het. Lichtenburg het 58/10 aangeteken.

Laerskool Baillie Park se dogters 0/13A krieketspan het gister vir Impala HUB met 76 lopies gewen! Dineké Janse van Rensburg het 50 lopies behaal en het saam met Cayla Swart ‘n vennootskap van 126 lopies op die telbord gesit.

Baie geluk aan die spanne.

Potchefstroom Gimnasium se dogterskrieketspan.
Laerskool Baillie Park se dogters 0/13A krieketspan
Exit mobile version