SportSport

Gimmies se sprokie gaan voort

Gimmies speel komende Saterdag teen Eldoraigne in ide Noordvaal Bowl afdeling eindstryd

Gimmies se 1ste XV se sprokies Noordvaal Bowl veldtog gaan komende Saterdag in Potchefstroom voortgesit word.

Daar is nie baie spanne wat in die eerstes jaar van promosie na ‘n sterker liga, die eindstryd van die kompetisie behaal nie. Tog is dit wat Gimmies gedoen het. Gimmies se 1ste XV het die seisoen slegs een wedstryd in die Bowl afdeling verloor. Hulle het hulle goeie vorm voortgesit om Merensky, in die halfeindstryd met 50 – 32 te klop.

Volgens Jacques Botes, hoofafrigter van Gimmies, was dit ‘n goeie wedstryd gewees.

“Dit was maar taai gewees in die eerste 25 minute. Ons het veral aan die einde bietjie onnodig punte afgestaan maar ons vat baie positiewes uit die wedstryd uit,” het Botes gesê.

Die laaste uitdaging vir die Potchefstromers is nou die eindstryd waar hulle op tuisbodem finge teen Eldoraigne gaan uitspook.

Eldoraigne het hulle halfeindstryd met ‘n doodsnikke strafskop teen Volkies gewen. Alhoewel Potchefstromers ‘n Classic Clash eindstryd sou wou sien, is dit nie vir die stad vanjaar beskore nie.

“Eldoraigne gaan ‘n baie taai wedstryd wees. Hulle gaan definitief die selfvertroue hê, na hulle ‘n taai wedstryd die naweek deur kon hak. Hulle het lekker momentum die laaste paar weke.  Ek glo hulle gaan lekker fisies wees, en die bal mooi lug gee,” het Botes oor die Pretorianers gesê.

Gimmies sal self met baie selfvertroue in die wedstryd ingaan, aangesien hulle tuis speel en reeds in die rondomtalies in ‘n weg wedstryd met Eldoraigne afgereken het.

Related Articles

Back to top button