Local newsSportSport

Caputters doen dit weer

Caput het vir derde in vier jaar die NWU Koshuisliga gewen. 2020 en 2021 was COVID toe daar nie 'n kompetisie gespeel is nie.

Caput het vir derde keer in vier eindstryde die NWU Koshuisliga gewen. Die Rooikatte het gisteraand, 17 -14 oor Overs geseëvier.

Dit was soos verwag ‘n harde fisiese stryd waar die Caputters uiteindelik die oorwinning deur getrek het. Volgens Niel ‘Puma” Smit. hoofafrigter van Caput, kon mens nie vir ‘n beter eindstryd gevra het nie.

“Elke seun het karakter gewys en 120% op die aand gegee. Ek haal my hoed af vir Overs hulle het gekom vir ons, ons het baie goeie geduld gehad en mooi afgerond. Ek is trots op elkeen van die seuns,” het Smit gesê.

Dit was beslis nie ‘n maklike wedstryd nie, en Caput moes hard werk om aan die einde die wen punte aan te teken.

Volgens Lourens Janse van Rensburg, hoofafrigter van Overs, is dit maar moeilik om ‘n eindstryd te verloor maar is hy trots op die seisoen wat die span gehad het.

“Ons het nie bal besit goed genoeg gebruik nie, ons verdediging was goed maar dit is moeilik om die heeltyd te verdedig,” het hy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button