SportSport

Begeesterde Luiperds vroue verloor in riller eindstryd

Die SWD kry in die laaste oomblikke 'n strafskop, voor die pale, en wen die wedstryd 20 -16. 

Die Luiperds se vroue het Vrydag in die eindstryd van die vroue se eerste afdeling teen die SWD in George te staan gekom.

Dit was so taai soos kon verwag word tussen die nommer een en twee span op die punteleer. Beide spanne het vroeg in die wedstryd hulle kanse gehad, maar desperate verdediging van albei groepe het die telling op 0-0 gehou.

Met omtrent 30 minute reeds gespeel het die tuisspan die eerste punte aangeteken. Die Noordwesters het nie moed opgegee nie en deur goeie verdedigingsdruk het hulle die kans gebruik om kort voor halftyd punte op die telbord te sit. Met die telling 7-3 het die spanne gaan water drink. Dit kon nog enige kant toe gaan.

Die SWD het hulle kanse in die tweede helfte goed gebruik en was op ‘n kol 17 – 3 voor. Die Luiperds het kanse verbeur in die openings oomblikke van die tweede helfte. Steeds het die Luiperds nie bes gegee nie. Hulle het na ‘n ander rat toe oorgeskuif en die SWD onder druk begin plaas. Eers het Nadine van Reenen gaan druk en later met vyf minute se speeltyd oor het Baby Plaatjies vir die Luiperds gaan druk. Verana van Heerden kon nie die laaste drie verdoel nie. Die telling is die doodsnikke va ndie wedstryd op ‘n messepunt op 17 – 16.

Die SWD kry in die laaste oomblikke ‘n strafskop, voor die pale, en wen die wedstryd 20 -16.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button