Volkies hou halfeindstryd drome aan die lewe

Volkies reis na Meyerton komende naweek om teen Dr. Malan kragte te meet. Dis is 'n kritieke wedstryd as Volkies die halfeindstryd wil bereik. 

Volkies het hulle hoop om die halfeindstryd van die Noordvaal bowl afdeling te haal, aan die lewe gehou deur Randburg met 28 – 13 te klop.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was die wedstryd net so taai soos die Potchefstromers verwag het.

“Dit was kliphard, hulle het ‘n baie groot pak voorspelers, en hulle was goed op die aanval. Ons verdediging was baie goed gewees,” het de Beer gesê.

Volkies was halftyd 6 -0 agter gewees. Hulle die wedstryd in die tweede helfte na hulle kant toe gedraai.

“Ons het veral in die tweede helfte goeie kontinuiteit gekry, meer fases opgesit wat baie gehelp het,” het de Beer gesê.

Volkies reis na Meyerton komende naweek om teen Dr. Malan kragte te meet. Dis is ‘n kritieke wedstryd as Volkies die halfeindstryd wil bereik.

Exit mobile version