SportSport

Klerksdorp struikel teen Oosies

KHS se troepe het geweet dit gaan moeilik wees om Oos-Moot op hulle tuisveld te klop.

Klerksdorp hoërskool se 1ste XV moes die afgelope naweek, in ‘n taai stryd teen Oos-Moot die knie buig.

Die Klerksdorpers het 29 – 19 teen hulle Pretoriaanse teenstanders verloor. Dit nadat hulle drie oorwinnings  in ‘n ry na die vakansie in gepalm het.

“Dit was ‘n taai wedstryd soos verwag. Die vlagman het gedink ons kaptein het een va ndie spelers geslaan tydens ‘n rolmaal beweging. Die speler het ‘n rooikaart gekry, met 14 man op die veld wasa hulle te taai om te klop,” het Leon Bevan, bemarker by KHS gesê.

KHS se troepe het geweet dit gaan moeilik wees om Oos-Moot op hulle tuisveld te klop, maar het ‘n waardige vertoning gelewer.

KHS keer komende naweek terug na hulle tuisveld waar hulle soveel sukses behaal. Die keer teen die voorste span op die punteleer. Transvalia reis die kort ent van Vanderbijlpark af, om die Klerksdorpers op tuis bodem te probeer klop.

Vir meer plaaslike rugbynuus en al die bepalings besoek ons local rugby hub:

Local Rugby Hub

 

Related Articles

Back to top button