SportSport

Wessies bly onoorwonne in Noordvaal kompetisie

Die Bruin bere het sewe uit die nege wedstryde teen Ben Vorster gewen en moet beslis die gunsteling wees om vanjaar promosie na die Noordvaal skild afdeling te kry. 

Die Bruin bere van Wesvalia het die Buffels van Ben Vorster die afgelope naweek behoorlik getem.

Die Klerksdorpers het die wedstryd 48 – 8 op tuis bodem gewen. Volgens Willem van der Sandt, hoofafrigter van Wesvalia, is hy tevrede met sy span se vaardighede, veral na so lang tydperk wat die spelers nie in aksie was nie.

Wesvalia het die naweek na die vakansie ‘n loslootjie gehad, waarna die wedstryd teen Jeugland uitgestel is.

“Ek kon sien in die laaste 10 minute het daar begin foutjies inkruip. Dit is maar ons wedstryd fiksheid wat na so lang af tydperk nog aan gewerk moet word. Ek is aangenaam verras met hoe ons die bal geskuif het. Ons wou die foute beperk, en veral in die eerste helfte het ons baie min foute gemaak,” het Van der Sandt gesê.

Wessies se volgende uitdaging is komende naweek teen Secunda, die Klerksdorpers sal hulle goeie momentum in die laaste twee rondtes wil behou. Die Bruin bere het sewe uit die nege wedstryde teen Ben Vorster gewen en moet beslis die gunsteling wees om vanjaar promosie na die Noordvaal skild afdeling te kry.

Related Articles

Back to top button