Gimmies reg vir vurige wedstryd

Hulle het 'n moeilike tyd teen Eldoraigne gehad, Wagpos is 'n trotse skool so hulle sal aansienlik beter wil wees.

Gimmies speel Vrydag, 26 Julie teen Wagpos in die Noordvaal bowl afdeling.

“Ons kom van ‘n loslootjie af, wat gewoonlik ‘n bietjie meer van ‘n uitdaging is die week na dit. Ons verwag definitief nie ‘n maklike wedstryd teen Wagpos nie,” het Jacques Botes, hoofafrigter van Gimmies gesê.

Wagpos se laaste wedstryd was ‘n 88 -10 loesing aan die hande van Eldoraigne wat ‘n skitter vertoning gelewer het. Botes is onder geen illusies wat op sy span wag Vrydagmiddag nie.

“Ons het ‘n paar skuiwe aan ons kant gemaak. Hulle het ‘n moeilike tyd teen Eldoraigne gehad, Wagpos is ‘n trotse skool so hulle sal aansienlik beter wil wees. Ons sien uit na ‘n lekker vurige wedstryd,” het Botes gesê.

Die wedstryd tussen Gimmies en Wagpos skop om 14:40 op Gimmies se velde af.

Exit mobile version