SportSport

Volkie guts trek Potchefstromers deur in Mpumalanga

Volkies se 1ste XV is tans 6de op die punteleer maar het 'n wedstryd minder as die top drie spanne gespeel. 

Volkies het die afgelope naweek die 435 km rit na Piet Retief aangedurf.

Die nuwelinge in die Noordvaal, bowl afdeling is besig om opspraak te maak en lê tans tweede in dié afdeling.

Mighael de Beer, Volkies se hoofafrigter, het geweet dit gaan nie ‘n maklike wedstryd wees nie.

“Ons was baie dun hierdie week, ons moes spelers uit posisie speel, maar die seuns het ware Volkie guts gewys,” verduidelik de Beer.

Volkies het die wedstryd 27 -10 gewen.

Volgens De Beer het sy troepe baie goed gespeel.

“Ons het mooi karakter gewys, goed die sisteme gevolg. Nou is dit Randburg, weer weg. Hulle gaan ook beslis nie maklik wees nie. Ons is nou in ‘n situasie wat ons al ons wedstryde moet wen om die semi te haal,” het De Beer gesê.

Volkies se 1ste XV is tans 6de op die punteleer maar het ‘n wedstryd minder as die top drie spanne gespeel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button