Luiperds vroue maak amok teen Griffons

Verana van Heerden het 25 punte vir haar span aangeteken. 

Die Luiperds se vroue span het die afgelope naweek teen die Griffons kragte gemeet.

Dit was eenrigting verkeer Saterdag op Olënpark met die Luiperds wat die wedstryd 77 -10 gewen het. Die Luiperds vroue het 13 drieë teen die Noord Vrystaatse vroue gedruk.

Verana van Heerden het 25 punte vir haar span aangeteken.

Dié oorwinning het die Noordwesters na tweede op die punte leer gevat. ‘n Plek in die halfeindstryd is vir alle praktiese doeleindes verseker.

Die Luiperds se volgende wedstryd is ‘n wegstryd teen die Valke. Dié wedstryd skop komende Saterdag, om 12:15 in Kemptonpark af.

Puntemakers vir die Luiperds

Drieë:

Verana van Heerden 3
Abigail de Jager 2
Marli George 3
Teddy Gatyana 2
Suane Buys 1
Martha Yokwane 1
Monique Reens 1

Doelskoppe:

Verana van Heerden 5
Marli George 1

Exit mobile version