Luiperds mis halfeindstryd oor punte verskil

DIe Luiperds se seisoen is nou op 'n einde.

Die Luiperds mis vanjaar se Curriebeker eerste afdeling se halfeindrondte op punte verskil.

Die Luiperds het Saterdag teen die SWD kragte gemeet. Dit was ‘n moet wen wedstryd vir beide spanne, om vir die halfeindstryd te kwalifiseer.

Die Luiperds was vol vertroue vir dié wedstryd, maar moes op die einde 45 – 33 die knie teen SWD buig.

Die SWD en Luiperds het met dieselfde hoeveelheid ligapunte geëindig, maar die SWD se punte verskil (-21) is beter as die Luiperds s’n (-79).

Volgens Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds, het sy troepe te veel foute op die dag gemaak.

“Ons was fisies dominant gewees, maar het te veel balbesit aan ‘n baie aanvallende span gegee,” het Proudfoot gesê.

Die Luiperds se seisoen het tot ‘n einde gekom maar daar sal reeds onder die unie se breinstrust besig word met beplanning vir die volgende veldtog.

Exit mobile version