Kavalier draf Luiperds kaf

Volgens Proudfot het die Noordwesters se verdediging hulle veral in die steek gelaat. 

Die Boland Kavaliers, het die afgelope naweek, 6 Julie, die Luiperds in Wellington met 71 – 7 kaf gedraf.

Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds, het voor die wedstryd erken dat die Kavaliers die gunstelinge is om die wedstryd te wen.

Maar niemand het die drieë-fees verwag wat Saterdag uitgespeel het nie. Boland ryg vanjaar drieë in en het na vier wedstryde reeds 31 drieë in ide kompetisie gaan druk.

Die Luiperds was voor die naweek se wedstryd op ‘n goeie opwaartse kurwe en het gemik om ‘n derde agtereenvolgende wedstryd te wen. Helaas was die Boland net te sterk op die dag gewees.

Volgens Proudfot het die Noordwesters se verdediging hulle veral in die steek gelaat.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version