Dorp wil op sukses bou

Ek kan jou een ding belowe hierdie span gaan nie vlug of terugstaan nie

Potch Dorp Rugbyklub sal die naweek, 6 Julie, teen Impala op hulle onlangse sukses wil voortbou .

Hulle het verlede week die Hurricanes van Stilfontein met 97 – 10 afgerantsel.

“Ons het gefokus op beheer in kontak situasies, ondersteunende spel, goeie besluite en kommunikasie. Dit was veral belangrik om die fases op te sit vir kontinuiteit. Die dissipline was baie goed en almal het bly fokus op wedstrydplan,” het Henry Stewart, hoofafrigter van Potch Dorp gesê.

Impala is ‘n dier van ‘n ander soort, wat die Potchefstromers nie moet onderskat nie.

Stewart is wel vol vertroue vir die komende wedstryd.

“As ons speel wat ons geoefen het en vir 80 min gefokus bly sal ons suksesvol kan wees. Dit gaan nie maklik wees nie en ons het al gesien dat die spring van die bal of ‘n twyfelagtige besluit deur spelers en wedstrydbeamptes ‘n groot invloed op die uitslag kan hê. Die volgende paar wedstryde is belangrik en dit is in ons hande hoe ons gaan reageer op die uitdaging. Veg of vlug? Ek kan jou een ding belowe hierdie span gaan nie vlug of terugstaan nie,” het Stewart gesê.

 

Exit mobile version