SportSport

Luiperds wil Kavaliers met direkte fisiese spel aandurf

Die Luiperds wil met 'n groot pak en direkte spel die Bolanders komende naweek aandurf. 

Die Luiperds wil met ‘n groot pak en direkte spel die Bolanders komende naweek aandurf.

“baie van hulle driee kom van omgekeerde besit af, so ons moet die bal kan behou. Niemand het dit al reg gekry om vir 80 minute teen hulle te verdedig nie, so ons moet gaan speel, die spelers moet hulleself kan gaan uitdruk,” het Proudfoot verduidelik voor Saterdag se wedstryd teen die Boland.

Die Kavaliers is die span in die kompetisie wat die pas aangee. Hulle is tans onoorwonne, die Luiperds kan met ‘n oorwinning hulleself as kandidate vir die beker aankondig.

“Hulle is die span wat onder druk is, hulle is tuis en bo aan die liga, al die druk is op hulle nie op ons nie,” verduidelik Proudfoot.

Proudfoot was baie bly dat Tjaart Benade weer vir die span uitdraf. Benade se pa is ongeveer twee weke terug oorlede waarna hy ‘n week afgevat het.

“Hy is ‘n besonderse mens. Hy wou speel maar ons het hom afgegee. Sy waardes is dieselfde as die span se waardes. Hy is een van ons krygers, almal is bly oor sy terugkeer,” het Proudfoot gese.

Benade vat weer die 12 trui oor terwyl nuweling, Waqar Solaan op buitesenter begin. Die wedstryd skop in Wellington om 15:00 af. Dan kan op die DSTV Stream toep gekyk word.

Related Articles

 
Back to top button