SportSport

Luiperds met naelskraap oorwinning beloon

Dit was 'n belangrike wedstryd vir die Luiperds om te wen, om hulle tuis halfeindrondte droom aan die lewe te hou. 

Die Luiperds het Saterdag, 29 Junie, ‘n riller teen die OP in Kariega gewen.

Die Luiperds het met tyd so te sê verby, in die hoek gaan druk om die baie belangrike wedstryd 31 – 26 te wen.

Volgens Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds, het die span se kondisioneringswerk wat hulle in die SA beker, die wa deur die drif getrek.

“Ons het goed begin, maar ons dissipline en hulle fisiese direkte spel het hulle toegelaat om weer in die wedstryd in te kom. Ek dink die kondisioneringswerk wat ons gedoen het, het ons gehelp om tot aan die heel einde nog te kan veg,” het Proudfoot gesê.

Dit was ‘n belangrike wedstryd vir die Luiperds om te wen, om hulle tuis halfeindrondte droom aan die lewe te hou.

Die Luiperds se volgende uitdaging is die Boland wat tans die beste span in dié afdeling van die Curriebeker is. Die Luiperds gaan weer ‘n lang reis Wellington toe moet andurf om die gevaarlike Bolanders te probeer tem.

“As jy foute maak teen Boland dan gaan hulle dit uitbuit. Maar ons het niks om te verloor in dié wedstryd nie. hulle is heel bo aan die punteleer, die tuisspan, almal praat oor hulle. As die telling naby is in die laaste kwart van die wedstryd dan glo ek ons sal ‘n wen kan deurtrek,” het Proudfoot gesê.

Die Noordwesters speel komende Saterdag in Wellington teen die Boland. Die wedstryd skop om 15:00 af. Dit kan op die DSTV streaming app, kanaal 245 gekyk word.

 

 

 

 

 

Related Articles

 
Back to top button