SportSport

Volkie vuurvreter speler van die wedstryd tydens Akademie week

Die Luiperds het die druk op die Valke in die tweede helfte gehou en probeer om in die regte areas te speel, wat uiteindelik vir hulle die oorwinning verseker het. 

Volkies se vuurvreter flank, Christoff Nel, is  vandag, 26 Junie, as speler van die wedstryd aangewys.

Dit nadat die Luiperds se akademie week span, die Valke 41 -37 geklop het. Dit was ‘n wedstryd wat teen ‘n baie hoë tempo gespeel is. Die Luiperds het vroeg die voortou geneem nadat Christoff Nel vroeg in die wedstryd oor die doellyn geboender het.

Die Valke se veggees is iets waar die Oos Randers  baie kredit voor moet kry, hulle het nooit gaan lê nie. kort na die Luiperds gaan druk het, het hulle hard terug baklei om ‘n drie van hulle eie te gaan druk.

Alhoewel die Luiperds nog twee keer gaan druk het, het hulle onnodige strafskoppe weg gegee, wat die Valke in punte omskep het om in die wedstryd te bly. Een van die Luiperds se drieë was ‘n perfekte skrumskakel drie deur Dian Smith van Gimmies.

Die Noordwesters het fisiese, direkte spel gewys, wat die Valke goed absorbeer het. Die Valke wou duidelik die bal vinnig wyd versprei, en is met twee drieë beloon. Die Luiperds het egter die laaste sê in die eerste helfte gehad. Hulle het goeie fases opgesit om ‘n drie net voor halftyd te druk.

Die halftyd telling was 25 -24 in die guns van die Valke, vir meeste neutrale ondersteuners sou die een helfte genoeg opwinding verseker maar daar was nog baie om te kom. Die Luiperds het die druk op die Valke in die tweede helfte gehou en probeer om in die regte areas te speel, wat uiteindelik vir hulle die oorwinning verseker het.

 

Related Articles

 
Back to top button