SportSport

Boland blitz Luipies in eerste Cravenweek wedstryd

Dié oorwinning was op hoë tempo rugby en besonderse werk by die afbreekpunte gebou. 

Die Boland het die Luiperds onverwags, met hulle hoë tempo rugby gevang.

Die manne van die Paarl het hulle eerste o.18 Cravenweek wedstryd 41- 21 teen die Luiperds gewen. Dié oorwinning was op hoë tempo rugby en besonderse werk by die afbreekpunte gebou.

Hulle het binne die eerste vyf minute van die wedstryd reeds punte aangeteken, kort daarna het die LUiperds ‘n strafskop afgestaan waar die Boland weer punte aangeteken het.

Hoe langer die wedstryd aan gegaan het, het dié verloop van gebeure byna soos dejavu begin voel. Voor die helfte verby was het die Boland weer gaan punte aanteken.

Met die haltydtelling 17 -0 moes die Luiperds hulle koppe optel om ‘n terugvegpoging te loots.  hulle doen net dit en gaan druk vroeg in die tweede helfte van ‘n baie goeie rolmaal beweing. Boland het nie op hule laat wag nie en weer deur pure tempo gan druk hulle vinnig weer.

Die Luiperds op hulle beurt loots ‘n teenaanval va ndiep in hulle eie helfte, wat die losskakel Christopher Dennis goed afrond. Die telling is 24 – 14 met momentum aan die Luiperds se kant. ‘n Geel kaart vir siniese spel teen Christopher Dennis, gee vir Boland hulle geleentheid om vir die keel te gaan.

Hulle gebruik die geleentheid om nog twee drieë te gaan druk en met die telling op 41 – 14, is dit waarskynlik verby vir die Luiperds, maar hulle het die laaste sê met die oopkantflank, KG Legodi wat die bal van ‘n goeie uitgee van Dennis af ontvang om hom in die spasie te sit om te gaan druk.

Die eindtelling is 41 -21, die Luiperds sal wil werk aan hulle dissipline met te veel strafskoppe wat hulle afgestaan het.

Related Articles

 
Back to top button