SportSport

Koue hou nie renjaers van water af nie

Die koue weerstoestande is al reeds vrydag oggend beproef met die begin van die eerste dag se kort baan byeenkoms wat oor 2 dae plaas gevind het.

Die land se beste opblaas boot renjaers was die afgelope naweek op die Gariepdam in aksie om te bepaal wie neem die voor tou met die eerste nasionale byeenkoms.

 

Die tweede en finale been sal in September 2024 te Mosselbaai plaas vind .  Tydens vanjaar se byeenkoms te Gariep dam is die top klub ook aangewys en het die Wes-kaapse klub, Falsbaai, met die louere weggestap met die F1 klub van Noord- wes provinsie in die tweede posisie en klub Agulhas in die derde plek.

Die koue weerstoestande is al reeds vrydag oggend beproef met die begin van die eerste dag se kort baan byeenkoms wat oor 2 dae plaas gevind het by Forever resorts se seilboot klub in die hawe. Die 2 dae was gekenmerk met uitstekende wedrenne en het die kort baan wedren om die seil jagte in die hawe gedeelte plaas gevind. Wedren jaers ding mee in drie verskillende klasse, nl, die  p750 stock klas , die p750 pro- stock klas en die p750 gemodifiseerde klas . In die stock klas het die twee nuwe span maats,  Jonathan Bardenhorst en Abdul Benjamin,  in hul nr S5 boot skoonskip gemaak met die 2 Bloemfonteiners, Renier Cronje en Francois van Rooyen   in boot S14 in die tweede posisie  met boot S 54 met Franco Cilliers en Marcel Goosen in die algehele derde plek.

Die pro- stock klas was gekenmerk deur uitstekende jaers en was dit dan ook tot op die laaste finaal om boot 12, met JP Hamman  en Danè Kelleman , te sien wen met Jean Louw en Bigboy van Wyk van Klerksdorp in n’ baie sterk tweede possisie.Die  huidige springbok en wêreld kampioen en mees ervare jaer van die toenooi , Wimpie Ackermann, moes tevrede wees met die derde posisie.

Die hoogte punt was sekerlik die gemodifiseerde klas en het die huidige wêreld kampioen van Klerksdorp, Renier le Roux en Jan Human , weer hul staal gewys en met die louere weggestap.Die groot verrassing was die deelname van boot M23 van Oos- londen,  met Elandre Human en Darryn du Preez in aksie , wat n uitstekende 2 de plek verower het op dag twee in die finaal.

Die Gariep langafstand wedren van 150 km het Sondag oggend 10h00 , afgeskop en is in ‘n tyd van 1h23min.19 sek  deur niemand anders as die springbok wedren jaers , Renier le roux en navigator , Jan Human gedomineer. Die 2 de plek is geneem deur boot M71 , die Plettenbergbaai span van Dwayne Van de Vyver en Craynouw Erusmus en die 3de posisie is verower deur boot M1, die huidige suid afrikaanse kampioen , beman deur Marc Gleed en Jaco van Deventer van Kaapstad. Die kompetisie onder die onderskeie boot vervaardigers is onderskeidelik verower deur Infanta met Mako in die 2de plek en Aquarius in die 3de plek.

Volgens die hoof organiseerder, Phil Louw, was die Nashua Gariep wedren ‘n reuse sukses en sal dit vervolgens elke jaar plaasvind.

“Geweldige nuwe talent was waargeneem en is die nashua Gariep toernooi die ideale geleentheid om  potensiele springbokke in die watersport te identifiseer,” het Louw gese.

Belangstellendes kan F1 opblaas boot klub kontak : Heinrich 0678847751

Jean 0836341171.

Related Articles

 
Back to top button