SportSport

Luiperds bied provinsiale toernooi aan

Met meeste van die unies teenwoordig is dit besig om in 'n mini Cravenweek in te verander.

Die Luiperds se laerskole rugby vereniging het weer vanjaar die o.12 provinsiale toernooi aangebied. Dié toernooi is van 13 -15 Junie by Klerksdorp hoërskool aangebied. Met meeste van die unies teenwoordig
is dit besig om in ‘n mini Cravenweek in te verander. Nog net die OP, SWD, Boland en WP kort by dié kompetisie. Dit blyk tog of dié unies van volgende jaar af ook gaan deelneem. Die Luipies het ‘n goeie toernooi gehad, waar die o.12A span teen die Vake met 12 -10 gewen het, 5 elk met doe Limpopo bulle
gespeel het en op die laaste dag, 12 -7 teen die Bulle verloor het. Die B span het ook teen die bestes gespeel, hulle het 10 -5 teen die Bulle verloor, 12 – 0 teen die Pumas die knieg gebuig en die Limpopo Bulle en Leeus Cspan 24 -7 en 8-5 onderskeidelik gewen.

Die A en B span het albei vierde in die toernooi geëindig.

Related Articles

 
Back to top button