SportSport

Jong Luipies verloor riller teen SWD

SWD het in die doodsnikke 'n drie gaan druk om 15 -12 as oorwinnaars uit die stryd te tree.

Die o.13A Luiperds het gister, 17 Junie, met die eerste dag van die Cravenweek toernooi, ‘n rillerstryd teen SWD verloor.

SWD het in die doodsnikke ‘n drie gaan druk om hulle 15 -12 as oorwinnaars uit die stryd uit te laat tree. Dit nadat die Luiperds 12- 0  teen halftyd voor was. Die Luiperds was op die dag die beter span maar ‘n begeesterde tweede helfte van SWD het hulle die oorwinning gegee.  Die Luiperds se wye verdediging is veral in die tweede helfte getoets, met die SWD wat die bal meer lug gegee het. Die Noordwesters het ‘n sterk pak voorspelers wat vinnige werk by die afbreekpunte doen, alhoewel hulle skrums so bietjie in die eerste helfte gesukkel het.

Ethan Fourie. Luiperds kaptein het tot dusver ‘n bestendige Cravenweek toernooi Foto: Jeandre Schoonbee

Die Luiperds het vandag, 18 Junie, op dag twee van dié toernooi goed terug gekom om vir Zimbabwe 53 – 0 te wen. Die wedstryd is vroeg in die tweede helfte gestop. Die loting vir Donderdag se wedstryde was ten tyde van publikasie nog nie bekend nie.

Related Articles

 
Back to top button