SportSport

Luiperds gaan Border toe

Die Luiperds gaan die naweek Border toe. Die oorlog wat hulle gaan maak, gaan tussen vier witlyne uitgespeel word. 

Die Luiperds gaan die naweek Border toe. Die oorlog wat hulle gaan maak, gaan tussen vier witlyne uitgespeel word.

Dit is die begin van die Luiperds se Curriebeker 1ste afdeling veldtog. Proudfoot se troepespeel nie net meer om goeie vordering te wys nie, vir dié kompetisie is hulle ernstig.

“Hierdie kompetisie is baie groot vir die Luiperds, ons wil uiteindelik in die Curriebeker se premier afdeling speel,” het Proudfoot gesê.

Volgens hom is Grens nie maklike span om veral weg teen te speel.

“Hulle is ‘n span wat goed begin, so ons fokus met oefeninge was om bietjie vinniger te begin,” verduidelik Proudfoot.

Volgens hom is dit nou tyd om die volgende stap in die Luiperds se evolusie te neem.

“in die Sa beker was die fokus op vaardighede en kondisionering, vir dié kompetisie gaan dit meer oor ons eie DNS wat ons wil ten toon stel. Ons manier van speel,” Proudfoot gesê.

Die Curriebeker 1ste afdeling is nou krag teen krag, gemeet aan die Sa beker uitslae kan die Luiperds positief wees om ‘n halfeindstryd plek in dié kompetisie los te speel.

Die wedstryd tussen die Luiperds en Grens skop om 15:00 in Oos-London af.

 

Related Articles

Back to top button