Rovers aas op Dorp se foute vir naelskraap oorwinning

Vir Dorp was dit 'n kwessie van klein jakkalsies wat die wingerd vernietig het. Vier van Rovers se drieë is van Dorp hanteringsfoute gaan druk.

Potch Dorp het Saterdag, 8 Junie, naelskraap teen Welkom Rovers verloor.

Dit was ‘n wedstryd wat Dorp voel hulle moes gewen het. Op tuisbodem is die Potchefstromers baie gevaarlik en kan hulle enige span in die Vision Sport Neserliga klop. Dit was ongelukkig ‘n dag wat Dorp sal wil vergeet. Alhoewel hulle die meeste kanse geskep het, moes hulle die knieg 38 -31 buig. Die manne van Welkom het op die Potchefstromers se hanteringsfoute veral kapitaliseer om te gaan druk.

Vir Dorp was dit ‘n kwessie van klein jakkalsies wat die wingerd vernietig het. Vier van Rovers se drieë is van Dorp hanteringsfoute gaan druk.

“Ons het vir hulle 29 punte op ‘n skinkbord gegee sonder dat hulle enige iets hoef te gedoen het. Ek weet ons was baie beter as hulle en ‘n paar individule foute het ons gekos. Ons sal moet leer om vinniger en beter te begin want in ons laaste drie  wedstryde moes ons elke keer ‘n groot agterstand inhaal en dan eindig ons net kort van die wen,” het Henry Stewart, hoofafrigter van Dorp gesê.

Exit mobile version