SportSport

Tokkies en Hoffies slaags in Noordwes eindstryd

Dié wedstryd beloof om 'n riller te wees, wat selfs die onafhanklike ondersteuners tot teen die einde toe vasgenael sal hou. Dit skop Dinsdag, 4 Junie, om 16:00 op Olënpark af.

Dit is Potchefstroom teen Klerksdorp, wanneer Laerskool Mooirivier en Laerskool Lahoff, mekaar in die eindstryd van die Noordwes grootskole liga aanvat.

Albei spanne het kort werk van hulle onderskeie opponente in die halfeindstryd gemaak. Dit gaan beslis een die mees kompeterende eindstryde in ‘n lang tyd wees. Beide spanne het baie wapens in hulle arsenaal, wat dit vir hulle opponente op die dag moeilik kan maak.

Mooirivier het dalk ‘n bietjie meer spoed terwyl Lahoff so kort kop voor met die krag is.

“Dit behoort ‘n intense stryd tussen twee goed afgerigte spanne te wees. Ons het hard hierdie week gewerk aan ons aanval en verdediging, en ons glo dat ons slaggereed is. Sterkte aan laerskool Mooirivier en hulle afrigters. Ons sien uit na ‘n epiese finaal, wat vir lank onthou gaan word,” het André Ouwencamp, hoofafrigter van Lahoff, oor die stryd gesê.

Volgens Jacky Golden, rugbyorganiseerder van Mooirivier, sorg die finaal vir homself.

“Die momentum wat ons in die halfeindstryd opgebou het gee ons ‘n goeie kans. Dit gaan nie ‘n groot telling wees nie, maar ons kan wen veral as ons speel soos teen Saamtrek in die halfeindstryd behoort ons die pyp te kan rook,” het Golden gesê.

Dié wedstryd beloof om ‘n riller te wees, wat selfs die onafhanklike ondersteuners tot teen die einde toe vasgenael sal hou. Dit skop Dinsdag, 4 Junie, om 16:00 op Olënpark af.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button