Sport

Tokkies op koers vir Noordweskroon

Is vanjaar Tokkies se jaar om die Noordwes grootskole trofee te lig? Dit is nog net Lahoff van Klerksdorp wat in die Tokkies se pad staan

Is vanjaar Tokkies se jaar om die Noordwes grootskole trofee te lig? Dit is nog net Lahoff van Klerksdorp wat in die Tokkies se pad staan. Dit nadat hulle, Dindag 28 Mei, ‘n dominerende vertoning teen Saamtrek in die halfeindstryd gehad het. Tokkies het in die liga teen Saamtrek verloor, maar die Potchefstromers het opgedaag in die wedstryd wat saak maak. Hulle het die stryd, 24-14 gewen, maar die telling vlei eintlik die Klerksdorpers wat nie eenkeer gelyk het of hulle die wedstryd gaan wen nie. Vroeg in die wedstryd het Tokkies, die ‘Willehonne’ so verdediging getoets, met sterk baldraers. Saamtrek het gesukkel om hulle teenstanders plat te trek wat tot twee vinnige drieë gelei het. Saamtrek het kort daarna bietjie van hulle bomskok herstel, om weer op die voorvoet te kom en punte van hulle eie aan te
teken. Ongelukkig vir Saamtrek het die Tokkies se verdediging gehou meer as wat dit gebreek is. “Dit was nie ons dag nie, ons het te stadig begin en het deurgaans baie foute gemaak. Baie geluk aan Mooirivier hul was die beter span op die dag. Ek bly trots op ons seuns en nou begin die werk weer vir 2025,” het
Marc Campher, hoofafrigter van Saamtrek, gesê. Volgens Jacie Golden, rugbyorganiseerder van
Mooirivier, het Tokkies meer berekenend en met meer self vertroue gespeel. “Die geheim met laerskoolrugby is om eerste punte aan te teken, as jy vroeg in die wedstryd punte aan teken dan moet jou opponente die heeltyd probeer opvang. Dit het ons reg gekry,” het Golden gesê. In die ander halfeindstryd het Lahoff vir Rustenburg met 34- 12 uitoorlê. Dit gaan sorg vir ‘n riller van ‘n eindstryd wat Dinsdag, 4 Junie, weer by Olënpark gaan afskop.

Related Articles

 
Back to top button