Herald voorspel Noordwes wenners

Dit was Dinsdag, 28 Mei, 'n rugbyfees op Olënpark, waar die Luiperds grootskole liga hulle halfeindstryde gespeel het.

Dustin Wetdewich
Dit was Dinsdag, 28 Mei, ‘n rugbyfees op Olënpark, waar die Luiperds grootskole liga hulle halfeindstryde gespeel het.

Die Herald het voorspellings gemaak oor wie in die verskeie eindstryde gaan speel, daar was soos altyd ‘n paar spanne wat op die dag verbaas het om tot in die eindstryd deur te dring.

Lees die Herald se vorige voorspellings hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/sport/2024/05/27/herald-voorspellings-vir-laerskole-halfeindtryde/

Die Herald het ses uit die nege eindstryde reg voorspel. By die o.13s is die kat onder die hoenders ingejaag met Saamtrek se o.13B en o.13C span wat teen alle verwagtinge gewen het. Tokkies het by die o.13A ook verras deur Saamtrek oortuigend te klop.

Hier is die Herald se voorspellings oor wie volgende week die Noordweskroon gaan dra.

o.9A 

Saamtrek vs Mooirivier

 

Mens kan nie verby Mooirivier kyk vir dié wedstryd nie, hulle het tot dusver in die liga gedomineer en het vroeër vanjaar die Super 12 gewen. Alhoewel enige iets in ‘n eindstryd moontlik is, behoort Mooirivier die trofee te wen.

Wenner: Mooirivier

o.9B

Saamtrek vs Mooirivier

Die o.9 groep van Mooirivier is baie sterk en hulle gaan waarskynlik te veel skietgoed vir Saamtrek op die dag hê. Mooirivier sal hier ook die kroon dra.

Wenner: Mooirivier

o.10A

Lahoff vs Rustenburg

Larries se o.10s is baie sterk, maar Lahoff het ook baie wapens in hulle arsenaal. Larries het ‘n taai wedstryd teen Saamtrek in die halfeindstryd gespeel. Dit terwyl Lahoff redelik gemaklik teen Mooirivier gewen het. Daai ondervinding in die halfeindstryd behoort vir Larries die gunsteling te maak. Wenner: Rustenburg

 

o.10B

Mooirivier vs Rustenburg

 

Albei spanne het hulle halfeindstryde relatief gemaklik gewen. Met Larries wat 55 – 5 as wenners uit hulle stryd getree het. Die o.10 groep van Rustenburg is iets spesiaal en hulle behoort vir Mooirivier te klop.

Wenner: Rustenburg

 

o.11A

Lahoff vs Mooirivier

Mooirivier het vir Rustenburg met 38 – 5 geklop, terwyl Lahoff naelbyt teen Saamtrek, met 12-10 gewen het. Dit was ‘n wedstryd wat albei kante toe kon gaan. Hierdie ervaring sal dalk vir die Hoffies breiers iets gee om aan te dink en planne te beraam. Mooirivier se losskakel het die wedstryd goed teen Larries gedikteer, alhoewel dit baie taai gaan wees behoort Mooirivier se taktiese skopwerk die wedstryd vir hulle te wen.

Wenner Mooirivier

 

 

o.11B 

Saamtrek vs Lahoff

 

‘n Derby, en ‘n eindstryd. Saamtrek is nogsteeds onoorwonne in die liga, en daar kan nie verby dié feit gekyk word nie.

Wenner: Saamtrek

 

o.13C

Saamtrek vs Rustenburg

 

Baie mense, insluitende die Herald was verbaas toe Saamtrek vir Lahoff in die halfeindstryd klop. Dit lyk of die Klerksdorpers op die regte tye begin vlam vat. Rustenburg aa ndie ander kant is ‘n ander tipe monster wat vir Saamtrek met meer as 40 punte in die liga geklop het. Die Herald sou graag vir Saamtrek die voordel va ndie twyfel wil gee wat hy nie met die halfeindstryd vir hulle gegee het nie, maar Rustenburg bly die gunstelinge. 

Wenner Rustenburg

 

o.13B 

Mooirivier vs Saamtrek

 

Saamtrek het ‘n goeie oorwinning teen Lahoff in die halfeindstryd beklink. Mooirivier op sy beurt moes hard werk om vir Rustenburg te klop. Saamtrek lyk ook of hulle in die regte tyd van die seisoen begin aanskakel.

Wenner: Saamtrek

 

o.13A 

Lahoff vs Mooirivier

Hierdie gaan waarskynlik die wedstryd van die dag wees. Nie net omdat dit die 1ste spanne is nie, maar omdat die twee spanne baie goed teen mekaar opweeg. As Tokkies se intensiteit dieselfde is as wat hulle i nide halfeindstryd gewys het, gaan hulle moeilik gestuit word. Lahoff het genoeg skietgoed om die Potchefstromers te oorwin, maar dit gaan nie maklik wees nie. Mooirivier is met ‘n kort kop die gunsteling 

Wenner: Mooirivier

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version