Niks skei Volkies en Alberton in ligastryd

Toe die eindfluitjie blaas was die telling 12-elk.  

Volkies en Alberton se eerste rugbyspanne was Saterdag, 4 Mei,  in ‘n behoorlike tweestryd betrokke.

Toe die eindfluitjie blaas was die telling 12-elk.

“Dit was ‘n absolute ‘dog fight’. Die outjies het beter by die ssisteem gehou, ons verdediging veral was goed, ons het hulle raak geduik. Alberton, tuis is altyd ‘n moeilike wedstryd,” het Migahel de Beer, hoofafrigter van Volkies gesê.

Dit sal vir die Potchefstromers goeie motivering gee om volgende naweek teen Gimmies in die jaarlikse Classic Clash die stryd aan te sê.

Exit mobile version