Sport

NWU ryg drieë teen Wits in

Die veggees wat hulle in Bloem amper 'n wen laat deurtrek het, het die Potchefstromers goed te staan gekom in hulle tuiswedstryd teen Wits wat hulle 51 - 22 gewen het.

DIe NWU het Maandagaand, 11 Maart, goed terug gebons na verlede week se nederlaag in Bloemfontein.

Die veggees wat hulle in Bloem amper ‘n wen laat deurtrek het, het die Potchefstromers goed te staan gekom in hulle tuiswedstryd teen Wits wat hulle 51 – 22 gewen het. Die Arende het eerste bloed getrek deur ‘n rits drieë van onder andere die vlugvoetige Naiden Jaarts. Keano Windvogel het ook ‘n goeie beweging begin wat by Arnoldus Vlok geëindig het.

In die vroeë stadiums van die wedstryd het die NWU in beheer gelyk, met ‘n telling van 23- 0. Wits het nie gaan lê nie. Wits se dryfmaal was op die aand hulle sterkste wapen. Hulle het drie keer in die eerste helfte deur die dryfmaal gaan druk.

Die tweede helfte was alles eenrigting verkeer vir die Arende wat nog drieë ingeryg het. Die wen vat die NWU na twede op die punteleer. Maar dinge is nog so na aanmekaar dat die span wat een voetjie verkeerd sit, waarskynlik nie die halfeindrondtes gaan haal nie.

Die NWU se volgende wedstryd is op 18 Maart, weg teen UJ. Die manne in oranje is ‘n gevaarlike span wat nie onderskat moet word nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button