SportSport

Derby drama in Varsitybeker

Die Shimlas het Maandagaand Potchefstromers se harte gebreek.

Daar was bloed, daar was sweet en teen die einde was daar trane.

Die NWU het Maandagaand, 4 Maart, met gebreekte harte van lLoemfontein af, terug gekeer huistoe. Dit nadat Shimlas in die doodsnikke die Varsitybeker kragmeting tussen die twee spanne gewen het. Dit het gelyk of die Bloemfonteiners die manne van Potchefstroom gaan ore aansit, met ‘n halftyd telling van 21 – 5 in die Shimlas se guns. Maar die Arende het ‘n goeie terugvegpoging geloods.

Dit het die Potchefstromers omtrent 20 minute in die tweede helfte geneem om punte op die telbord te sit, maar toe kom die drieë in. Ntobeko Shezi is uiteindelik vir sy harde werk beloon met ‘n drie nadat twee vorige pogings misluk het. Mpho Kubheka en Shaun-Christian Baxter het elk skitter drieë gedruk om die telling in die laaste minute van die wedstryd 26 -26 te maak.

Die Potchefstromers het gelyk of hulle op dreef was om die al die bloed en sweet te vat en die trane vir Shimlas te gee.

Henri van Heerden, het van die bank af, met ander planne op die veld gedraf. Met speeltyd verstreke begin die Simlas ‘n goeie beweging wat by Van Heerden eindig. Hy wys sy hakke vir al wat ‘n NWU verdediger is om in die hoek oor te duik vir die wendrie.

Burger van der Westhuizen, hoofafrigter het die vorige week gesê dat die Shimlas in Bloemfontein ‘n moeilike toets vir die NWU gaan wees. Dit was en daar is waardevolle lesse wat dié span uit die wedstryd kan vat.

Related Articles

Back to top button