SportSport

Potch Dorp skop liga op tuis bodem af

Hulle wil nou losgelaat word om hulle werk te doen

Die manne van Potch Dorp Rugbyklub is soos “pitbulls” wat vas geketting is, hulle kan nie wag om los gelaat te word nie.

Dit sal hierdie naweek hulle kans wees om die harde werk wat hulle in die voorseisoen gedoen het, op die proef te stel. Saterdag, 2 Maart, skop die Phillip van Rensburg uitklopliga af. Dorp se eerste wedstryd is teen die immer gevaarlike Westonaria. Die wedstryde word op Potch Dorp se velde, Piet Bosman park gespeel.

Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Potch Dorp, was die afgleope week die eerste keer wat hulle saam as ‘n span kon oefen.

“Ons het ses spelers ingebring wat nie die laaste wedstryd kon speel nie. Die manne is opgewonde vir die uitdaging wat voorlê. Hulle wil nou losgelaat word om hulle werk te doen,” het Stewart oor sy span gesê.

Westonaria is nie ‘n span wat onderskat moet word nie, hulle het verlede jaar van die groter spanne bietjie laat sweet.

Volgens Stewart is Westonaria ‘n gedugte teenstander. Veral omdat hulle al ‘n rukkie saam speel, ken hulle mekaar goed.

“Hulle het groot voorspelers en senter, met spoed op die punte. Ons weet as ‘n span is hulle baie kompeterend so ons plan is “control the controllables” en probeer om meervuldige fases op te sit. Hopelik kan ons dan gapings skep en druk op hulle verdediging sit,” het Stewart gesê.

Die eerstespan wedstryd skop om 15:45 af.

Related Articles

Back to top button